LUISTER NOU HIER

ONTMOET DIE OUENS

James Boland

Hoof Sanger
Kitaarspeler
Tequila voorstaander
After-party meester
Volg my

Nick
Jordaan

Sanger
Ritmekitaar
Wyn vlieg
Crocs model
Volg my

Brendan
Campbell

Hoofkitaar
Vervaardiger
Groot op gesondheid
Mr Blue Steel
Volg my

Nick
McCreadie

Dromme
DJ & Sax
Beste view van die stage
Wêreldreisiger
Volg my

Amiel
Gopal

Baskitaarspeler
Glimlag koning
Band barista
Kurt Darren karaoke partner
Volg my

WIE
IS
ONS

Posduif is ‘n 6 stuk Suid-Afrikaanse musiekgroep wat ‘n boodskap van hoop bring. Hulle vier graag samesyn en goeie tye. Hulle glo in outentike, opregte en toeganklike waardes. Hulle is ‘n goeie groep wat goeie musiek maak vir goeie mense! 

Slegs ‘n paar maande na die vrystelling van hul debuutalbum, ‘Niks Vergelyk’, het hierdie ongelooflike groep musikante ‘n opnamekontrak met die legendariese Kosie van Niekerk en Select (Sony) losgeslaan en ‘n SAMA (South African Music Award) vir Beste Pop Album huis toe gebring. 

Alhoewel hulle in 2018 gestig is, het hierdie groep talentvolle musikante in 2019 ontplof het met hul debuut Brandy Special. Hierdie treffer het reeds meer as 500 000 mense op sosiale media aan die dans gekry. 

Hierdie unieke en energieke groep word met ope arms op van Suid-Afrika se gewildste verhoë ontvang. Die afgelope twee jaar het Posduif skare laat saamsing en dans onder andere Weiveld, Heroes, Padstal en The Daisy Jones Bar at OMG.

 

BRANDSTIGTER LUISTERSESSIE

Op 3 April 2024 het ons ‘n privaat luistersessie by Whisk Wine Bar in Centurion gehou waar media en vriende ons splinternuwe album vir die eerste keer gehoor het. 

Ons wil dankie sê vir die ongelooflike borge wat hierdie aand moontlik gemaak het, Los Locos, WP Motors, Richelieu, Sarabi Leather, Platinum Musiek en Starburst Promotions. 

Loer gerus hier na ons rooitapyt fotos en kyk wie saam met ons kom kuier het. 

VOLG ONS OP SOCIAL

BOOK
POSDUIF
VANDAG